Kweek ‘n Huwelik met Karakter
Price range: R415,00 through R1 750,00
(Neem kennis dat bestellings huidiglik net beskikbaar is vir aflewering in Suid-Afrika)
DAAR STAAN TWEE BOME IN JULLE EDEN EN DIT KAN WEER ‘N PARADYS WEES
Met eerlikheid, humor en hoop deel Louis en Hettie in hierdie gids praktiese, deurleefde hulp vir paartjies wat, soos hulle, radikaal van mekaar verskil en soms twyfel of hulle liefde dit gaan oorleef. In ‘n selfsugtige kultuur daag hulle elkeen van ons uit om niks terug te hou nie omdat die huwelik – net soos ons geloof – vir totale oorgawe ontwerp is. Binne hulle Huwelikstuin-metafoor neem hulle elke paartjie op ‘n reis van die Tuinhekkie van toewyding af langs noodsaaklike stilhouplekke tot by die Vreugdevuur van intimiteit in die hart van hulle Huwelikstuin. Hier deel hulle vyf Edengeheime wat huwelike verdiep en beskerm. Die Skaakbordmodel vir konflikhantering en drie soorte Tuinbankiekuiers hou lesers uit mekaar se hare en in mekaar se arms.
Boeke begin by R415 elk met koerier.
Bestel jou boek(e) nou en ontvang deur FastWay Courier.
L.W. Hierdie kantoor doen boekverspreiding deeltyds en jou bestelling of navraag sal die Dinsdag of Donderdag nadat dit ontvang is geprosesseer word. Navrae aan [email protected].
Hierdie bestelling het koerierkoste ingesluit en word deur FastWay Courier by jou adres afgelewer.
Laat asb. minimum twee weke toe vir aflewering weens die huidige hoë volume bestellings.
Baie belangrik! Maak asb. seker jou Korrekte Fisiese Adres is ingevul om vertraging van aflewering te voorkom.
Boekpryse: (posgeld ingesluit)
1 Boek R415 | 2 Boeke R740 | 3 Boeke R1 110 | 4 Boeke R1 380
5 Boeke R1 750
(Aanlyn bestellings kan geplaas word vanaf 1 Junie 2026. Alle boeke is beskikbaar by al die Boektoer Funksies gedurende Mei 2026)
Description
Wat kan ek van die nuwe boek verwag?
(Aanlyn bestellings kan geplaas word vanaf 1 Junie 2026. Alle boeke is beskikbaar by al die Boektoer Funksies gedurende Mei 2026)
- Hulle eie en hulle huweliksmaat se temperament (boomsoort)
- Hoe om mekaar se dialek te praat
- Die beginsels van effektiewe konflikhantering
- Skadelike mites oor seks en die waarheid oor intimiteit
- Die ware betekenis van ‘n verbond vir vandag
- Die ryk Bybelse onderbou vir grense, vergifnis en die herbou van vertroue
Additional information
| Boek/e (posgeld ingesluit) | 1, 2, 3, 4, 5, 6 |
|---|




Reviews
There are no reviews yet.